• 30 dagen retourgarantie 
  • Gratis verzending vanaf 4 boeken of 40 euro
  • Alle boeken met zorg gecontroleerd

Duiwelskloof

roman
Maak tweedehands je eerste keus
  • 30 dagen retourgarantie 
  • Gratis verzending vanaf 4 boeken of 40 euro
  • Alle boeken met zorg gecontroleerd
  • Voor 15:00u besteld, dezelfde dag verzonden
Niet op voorraad... Seintje? Vul je e-mail adres in en wij sturen je een e-mail als het boek weer op voorraad is.
ISBN
9780798140164
Bindwijze
Paperback
Taal
Overig
Jaar van uitgifte
2000
Aantal pagina's
363

Waar gaat het over?

In die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein Karoo het 'n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Lermiet, die Siener, hulle gaan vestig. Vandag, 'n eeu en 'n half later, bring 'n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van dié oer-Afrikaanse gemeenskappie se isolasie en inteelt tot 'n uitbarsting. Die katalisator is die gehawende joernalis Flip Lochner – 'n vuil-uil met 'n mislukte huwelik, 'n mislukte loopbaan en 'n mislukte lewe agter hom – wat van buite inkom om die Duiwelskloof se geskiedenis op te skryf en verseil raak tussen die plek se mense, die donker geheim wat die gemeenskap so naarstig probeer bewaar, en al die stories wat hulle daar rondom versin. Oor 'n man wat sewentien kinders op sy teenstander se graf verwek het. 'n Vrou wat met volmaan in 'n bokooi verander. 'n Swerwer wat die Duisternis van Egipteland in 'n boksie teruggebring het. 'n Man wat deur 'n swerm voëls hemel toe getrek is. 'n Meisie met vier borste . . . En daar is die mense van vandag: Soon Heilig wat die koolkoppe in hulle verdoemenis in preek, Smeed Smit wat probeer om 'n nagmerrie te beslaan, Ouma Liesbet Pruim wat met haar trommeltjie op die dak sit en wag dat die Here haar moet kom haal, Hans Toordenaar met sy gevaarlike gawe oor ander se lewens, Tant Poppie Vollemaan met haar rate vir enigiets behalwe die dood, Henta Voorperske met haar swerm nimfies wat saans kaal in die bloekombos dans. En dan die raaiselagtige Emma wie se lewe met Flip Lochner s'n deurmekaar raak, met gevolge wat niemand kon voorsien nie.Onbeteuelde humor, 'n onheilspellende opbou van bose magte, 'n wemeling van stories, 'n allegorie oor die ontstaan van geskiedenis, 'n hellevaart, 'n besinning oor die Suid-Afrika van gister en vandag, 'n beurtelings makabere en uitbundige spel van die verbeelding . . . dit alles is Duiwelskloof. Die roman is in 1999 bekroon met die W.A Hofmeyrprys.
Lees verder

Recensies

Gemiddelde waardering van 0 van 5 sterren

0 recensies
Tweedehands Echt gebruikt
13,04
Tweedehands Beetje gebruikt
15,85
Tweedehands Echt gebruikt
16,24
Tweedehands Echt gebruikt
13,04
Tweedehands Beetje gebruikt
15,85
Tweedehands Echt gebruikt
16,24